
Die motor waarin Wandile Bozwana geskiet is. Foto: SAPD
ʼn Pretoriase sakeman wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op die bekende Noordwes-sakeman, Wandile Bozwana, het Woensdag vlugtig in die Pretoria-landdroshof verskyn.
Die staat het die man, die eienaar van ʼn nagklub in Sunnyside, as die derde beskuldigde in die moordsaak gelys en hy is amptelik van moord en poging tot moord aangekla. Daar word beweer dat hy die meesterbrein is agter Bozwana se moord. Sy naam mag nog nie bekend gemaak word nie.
Die man staan saam met Sipho Dludla en Matamela Motapa tereg op aanklag van moord, nadat Bozwana op 2 Oktober in Garsfonteinweg, Pretoria, vermoor is. Daar is op die voertuig waarin Bozwana ’n passasier was losgebrand en hy is noodlottig gewond.
Al drie beskuldigdes moet weer op 17 Februarie in die hof verskyn.
Klik hier vir alle vorige berigte oor die Wandile Bozwana-saak op Maroela Media.