Quantcast
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

[Video] Klag na ‘kill the boer’-lied voor Parys-hof

Image may be NSFW.
Clik here to view.
'n Groep betogers voor die Parys-landdroshof. Foto: Mariné Jacobs

‘n Groep betogers voor die Parys-landdroshof. Foto: Mariné Jacobs

ʼn Strafregtelike klag is aanhangig gemaak nadat mense die omstrede ‘Kill the Boer, kill the farmer’-lied Dinsdag by die Parys-landdroshof gesing het.

Die klag is teen lede van die ANC en EFF ingedien. Front Nasionaal het Woensdag gesê die aanklag is deur die organisasie se jeugleier, Dean Dart, by die Somerset-Wes polisiestasie in die Wes-Kaap ingedien. “[Die sing van die lied volg op] ʼn ooreenkoms wat in die verlede buite die hof geskik is dat hierdie lied beskou sal word as aanhitsing tot moord en haatspraak. Die feit dat dit [Dinsdag] oop en bloot voor die media gesing is, is bewys daarvan dat daar geen respek vir die reg is nie,” het die organisasie in ʼn verklaring gesê.

Maroela Media het vroeër berig rassespanning het Dinsdag voor die hof geheers waar vier boere verskyn het op aanklag van die moord op twee vermeende plaasaanvallers. Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Johan Cilliers sr. en sy seun, Johan Cilliers jr. is almal op borgtog van R5000 elk vrygelaat. Hulle sal weer op 12 Februarie in die hof verskyn.

Image may be NSFW.
Clik here to view.
Polisie bots met betogers buite die hof. Foto: Mariné Jacobs

Polisie bots met betogers buite die hof. Foto: Mariné Jacobs

ʼn Groep ANC-betogers het voor die hof saamgedrom en onder meer “Kill the boer” gesing. ʼn Groep plaaslike inwoners het gereageer deur “Die Stem” te sing. Oproerpolisie moes tussenbeide tree om die twee groepe uitmekaar te hou en beledigings is oor en weer geslinger.

April Motaung, woordvoerder van die EFF, het voor die hof aan Maroela Media gesê die saak het wel ʼn rasse-ondertoon aangesien dit “’n rasgedrewe moord” was. “As die EFF is ons teen rassisme in al sy vorms en hierdie was ʼn ernstige rassistiese aanval teen ons swart broers. [Die oorledenes] was net daar om hul geld te kry vir werk wat hulle verrig het en die boere het hulle betaal met ʼn brutale moord,” het hy gesê.

Dan Kriek, president van Vrystaat Landbou, het op navraag van Maroela Media, die sing van die omstrede “Kill the Boer”-lied voor die hofgebou veroordeel en gesê Vrystaat Landbou het dit nog altyd duidelik gemaak die vereniging is gekant teen die sing van die lied omdat dit rasse-spanning tussen onderskeie rassegroepe aanblaas. “In dieselfde asem wil ek enige optrede van enige groepering wat rasse-polarisasie aanblaas veroordeel, aangesien dit negatief op die landbou sal inwerk.”

Image may be NSFW.
Clik here to view.
Oproerpolisie probeer betogers voor die hof weghou. Foto: Mariné Jacobs

Oproerpolisie probeer betogers voor die hof weghou. Foto: Mariné Jacobs

Kriek het verder gesê die vereniging is sedert die begin van die saak betrokke en monitor die gebeure noukeurig, maar hulle gun nou die regsproses die geleentheid om sy gang te gaan.

“Twee van ons regsverteenwoordigers was gister by die hof en ons sal deurentyd die regsproses monitor. Nietemin sal Vrystaat Landbou en sy grondstrukture steeds binne die landelike beveiligingsplan en ondersteunend tot die polisie optree in reaksie op voorvalle in landelike gebiede,” het hy gesê. “Aangesien hierdie ʼn uiters emosioneel belaaide saak is, doen ons weereens ʼn beroep op ons lede en die publiek om te alle tye met kalmte en respek op te tree.”

Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, wat die boere met hul regskoste bystaan, het aan Maroela Media gesê die organisasie weet die lied is voor die hof gesing. “Ons het ons regspan opdrag gegee om verder ondersoek in te stel en regsopsies word tans oorweeg,” het hy gesê.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!