Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

‘Suid-Afrika sit op kruitvat’

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

“Suid-Afrika sit tans op ʼn kruitvat, met verskeie sake wat vrede en voorspoedigheid in die land bedreig.” Só sê Johannes Möller, president van AgriSA.

Volgens hom veroorsaak die erge droogte in die land verdere onsekerheid oor voedselsekerheid, wat ook druk op die reeds wankelende ekonomie versterk. “Hoë inflasie, tesame met die rand se swak vertoning, skep ʼn uitdagende makro-ekonomiese omgewing, iets wat beleggers skrikkerig maak,” het hy gesê.

Volgens Möller maak die regering hom skuldig aan uitlatings wat die reeds gespanne rasseverhoudings in die land onder groter druk plaas. Dit volg op ’n uitlating van pres. Jacob Zuma die afgelope naweek by die ANC se 104de verjaardagviering in Rustenburg dat “grond van inheemse mense gevat is”.

“Suid-Afrikaners word saamgebind deur die grondwet en die oppergesag van die reg. Ongekwalifiseerde uitlatings is nie net van feitlikheid gestroop nie, maar kom ook nie die etos en letter van die grondwet na nie,” het Möller gesê.

Volgens hom kan landelike gemeenskappe, boere en plaaswerkers nie langer blootgestel word aan die hoë vlakke van geweldsmisdaad op plase wat daagliks aan die toeneem is nie. “Ons het al verskeie gesprekke met die regering oor die situasie gehad. Iets sal moet meegee indien die huidige situasie voortduur,” het Möller gesê.

“Nou is die tyd om te fokus, om kalm te bly en om as Suid-Afrikaners saam te staan om die ekonomie te bou. Ons moet geduldiger wees, verdraagsamer, trotser en bereid wees om saam te werk om dit te laat werk.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!