
Riah Phiyega. Foto: GCIS
Maroela Media het vroeër berig LP’s het woedend gereageer nadat Phiyega ʼn boodskap aan Dianne Kohler-Barnard, DA-LP, gestuur het wat volgens Kohler-Barnard ʼn dreigende ondertoon gehad het. LP’s het geëis dat ʼn ondersoek gedoen word om te bepaal of Phiyega werklik die SMS gestuur het, maar lt.genl. Solomon Makgale, nasionale woordvoerder van die polisie, het kort daarna bevestig dat die SMS van Phiyega afkomstig was.
Tydens ʼn portefeuljekomiteevergadering Woensdag het Francois Beukman, die voorsitter van die komitee, gesê Phiyega moet “ernstig besin” oor die SMS, maar dat die saak daar gelaat sal word. Kohler-Barnard het gesê sy is verbaas oor die komitee se skielike ommeswaai aangesien dit onvanpas is om sulke boodskappe aan LP’s te stuur.
Die SMS wat verlede Donderdag aan Kohler-Barnard gestuur is, lui: “Ek is swart, trots, bekwaam en onthou dat jy niks van my kan wegvat nie, eat your heart out. Jy het my nie gemaak nie en jy kan my nie ongedaan maak nie – Riah Phiyega.”