Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Ingrypende elektrisiteitsverhoging dalk op pad

$
0
0
Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

ʼn Verhoging in elektrisiteitstariewe van tot 17% kan Suid-Afrika se voorland wees, indien Eskom sy sin kry.

ESI Africa berig die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) gaan later vandeesmaand met nasionale verhore begin wat onder meer sal fokus op Eskom wat in 2013/14 R22,8 miljard te min ingevorder het en dit nou deur die sogenaamde reguleringsaansuiweringsrekening (RCA) wil verhaal.

R8 miljard van dié bedrag is aan diesel bestee aangesien Eskom diesel moes gebruik om krag op te wek toe die land destyds onder kragonderbrekings gebuk gegaan het.

Indien Eskom se aansoek om die geld te verhaal suksesvol is, kan Suid-Afrikaners moontlik van 1 April ʼn verhoging van tot soveel as 17% te wagte wees. Die huidige beplande verhoging van April af is 8%.

Die eerste openbare verhoor is op 18 en 19 Januarie in Kaapstad, waarna daar ook verhore in Port Elizabeth (20 Januarie), Durban (21 en 22 Januarie), Mmabatho (25 Januarie), Kimberley (27 Januarie), Bloemfontein (28 Januarie), Nelspruit (1 Februarie) en Polokwane (3 Februarie) sal plaasvind. Die laaste verhoor is op 5 Februarie in Johannesburg.

Nersa het lede van die publiek en ander belanghebbendes wat voorleggings wil doen en die verhore wil bywoon gemaan om hul versoeke teen Woensdag 13 Januarie om 16:30 in te dien.

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!