Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Parys-boere: ‘Staat het geen bewyse nie’

$
0
0

Boeta van der Westhuizen (links), Johan Cilliers sr., Johan Cilliers jr. en Anton Loggenberg in die beskuldigdebank. Foto: Mariné Jacobs

Boeta van der Westhuizen (links), Johan Cilliers sr., Johan Cilliers jr. en Anton Loggenberg in die beskuldigdebank. Foto: Mariné Jacobs

Die borgtogaansoek van vier boere wat in die Parys-landdroshof verskyn in verband met die dood van twee plaasaanvalverdagtes, sal na verwagting Dinsdagmiddag hervat word.

Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Johan Cilliers sr. en sy seun, Johan Cilliers jr. het Dinsdagoggend in die hof verskyn op aanklag van moord in verband met die dood van twee verdagtes wat na bewering ’n boer op sy plaas aangeval het.

Die klein hofsaal was stampvol gepak met familielede van die beskuldigdes en die oorledenes, verslaggewers en enkele verteenwoordigers van politieke partye. Die saak is deur landdros Leshni Pillay waargeneem.

Die borgtogaansoek het begin met die staat wat die hof versoek het om die saak uit te stel vir verdere ondersoek. Die staatsaanklaer het aan die hof gesê die moontlikheid bestaan dat nog verdagtes in hegtenis geneem kan word en dat die ondersoekspan daarom kans gegun moet word om meer inligting in te win.

Die verdediging het die staat se aansoek teengestaan en gesê die staat het geen bewyse dat die beskuldigdes betrokke was by die dood van die verdagtes nie. Volgens die boere se regsverteenwoordiger het die staat nie konkrete bewyse dat sy kliënte nie net bloot omstanders op die toneel was toe die oorledenes deur ʼn groep boere vasgetrek is nie.

Nadat die hof kortliks verdaag het, het Pillay beslis dat die borgtogaansoek sal voortgaan aangesien die staat genoegsame tyd gehad het om voor te berei.

Intussen het die gemoedere buite die hofgebou hoog geloop terwyl die verrigtinge binne aan die gang was. ANC-ondersteuners het gedans terwyl hulle die omstrede “Kill the boer”-lied gesing het. ʼn Groep plaaslike inwoners wat die vierkleur geswaai het, het in reaksie hierop “Die stem” begin sing.

Teen die tyd wat die hof verdaag het, het oproerpolisie nog meer roldraad om die gebied gespan en ʼn waterkanon is ingebring om die skare onder beheer te hou.

Die hofsaak word om 14:00 hervat.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

Foto: Mariné Jacobs Foto: Mariné Jacobs Foto: Mariné Jacobs Foto: Mariné Jacobs EFF-betogers buite die hof. Foto: Mariné Jacobs

Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!