
Tholang Maphabole van Shoprite help om water aan te dra in Aliwal-Noord. Foto: Verskaf
Die Shoprite-groep reik ʼn hand uit na verskeie gebiede wat sonder water sit of deur die groot droogte geraak word.
Shoprite het aanvanklik eers water aan die gemeenskap van Aliwal-Noord geskenk, maar nog vier trokke is uitgestuur om landwyd te help. Elke trok bevat 29 920 liter water.
Die eerste trok sal water in Senekal in die Vrystaat gaan aflewer, terwyl die ander trokke na gemeenskappe in KwaZulu-Natal en Limpopo sal gaan. Die totale skenking beloop ongeveer 119 680 liter water.
Shoprite en Checkers-supermarkte sal ook water teen kosprys verkoop in gebiede met watertekorte en geriewe is ook beskikbaar vir mense wat water wil skenk.