
Argieffoto
ʼn 20-jarige man het Donderdagmiddag by ʼn huis in Springs, Gauteng, verdrink.
“Die man en sy vriende het in ʼn swembad by die huis gespeel toe hy in die moeilikheid beland en verdrink het,” het Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
Lede van die gemeenskapspolisiëringsforum was reeds besig met KPR toe paramedici by die toneel opgedaag het.
“Paramedici het by hulle oorgeneem, maar kon nie enige teken van lewe kry nie. Die man is op die toneel dood verklaar,” het Mathe bygevoeg.