Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Centurion-egpaar voor seun aangeval

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

ʼn Egpaar van Centurion is Donderdagoggend omstreeks 01:30 by hul huis in Eldoraigne, Centurion aangeval.

Die Facebook-groep Centurion Concerned Citizens, het die slagoffers uitgeken as Leon en Alet Jones en hul twee seuns, onderskeidelik agt en 10 jaar oud.

“Die 40-jarige man het gesê hy het wakker geword en daar was vier mans in hul slaapkamer wat die kluis se sleutel eis,” het kapt. Agnes Huma, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê. “Die man en sy 37-jarige vrou is verskeie kere met ʼn mes gesteek.” Sy het bevestig die aanval het in Frederikstraat plaasgevind.

Volgens die Facebook-groep het Leon wakker geword toe die slaapkamer se lig aangeskakel is, en toe hy wou opstaan, is hy met ʼn stuk gereedskap op sy kop geslaan. Alet het ook wakker geword en sy is met ʼn skerp voorwerp in haar arm gesteek.

Leon is glo twee keer in sy bors gesteek, een keer bo sy regteroog en ʼn paar keer in sy bene. Hy is ook nog twee keer met die gereedskapstuk oor die kop geslaan. Alet het vier steekwonde in haar linkerarm en drie in haar been.

Volgens Centurion Concerned Citizens was die 10-jarige seun by hulle in die kamer tydens die aanval. Die agtjarige het in die kamer langsaan geslaap.

Een van die aanvallers het glo ʼn vuurwapen te voorskyn gebring en vir Leon gesê as hy nie gaan ophou baklei nie, gaan hulle doodgemaak word. Die aanvallers het glo nog vuurwapens geëis, maar Leon het gesê hulle het nie vuurwapens nie. Die mans het daarna glo die huis gaan deursoek.

Leon, Alet en hul seun het in die kamer gebly. Toe hulle hoor alles is stil in die huis, het die gesin in hul motor geklim en self na Unitas-hospitaal gery.

Huma het gesê niks is tydens die voorval gesteel nie. “Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord,” het sy gesê. “Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

Enigiemand met meer inligting oor die saak word versoek om die ondersoekbeampte te skakel by 082 335 2479.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!