Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

‘Basiese onderwys is ontvouende tragedie’

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Baie leerders voltooi nooit hul hoërskoolloopbaan nie aangesien hulle moeilike vakke in Engels, wat nie hul moedertaal is nie, probeer baasraak.

Só meen adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor basiese onderwys. Alberts het gesê dit is bekend dat moedertaalonderrig in die grondslagfase leerders help om vakke te bemeester. “Leerders raak moedeloos en gooi tou op wanneer hulle nie vakke onder die knie kry nie.”

Volgens hom toon die dalende matriekslaagsyfer van die afgelope twee jaar dat daar ʼn krisis op hande is. “Die werklikheid is dat minder as 50% van leerders wat hulle skoolopleiding begin het wel matriek voltooi.”

Alberts het gesê Engels word deur politieke ideologieë in die land tot “supertaal” verhef. “Dít terwyl dit die meeste mense se tweede taal is.”

“Indien die minister van basiese onderwys werklik erns daarmee het om iets aan die dalende matriekslaagsyfer te doen, sal sy dringend die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) se vlerke moet knip,” het Alberts gesê. Volgens hom moedig dié vakbond onderwysers aan om te staak en heers daar ʼn swak werksetiek onder die vakbond se lede.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621