Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Lyk van vermiste Tuks-werker op kampus gevind

$
0
0

Argieffoto Foto: enca.com

Argieffoto Foto: enca.com

Die liggaam van ʼn projekbestuurder by die Universiteit van Pretoria (UP) is Woensdagoggend in ʼn toilethokkie in ʼn badkamer gekry met ʼn plastieksak om sy kop.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, het gesê die 65-jarige man is Dinsdag deur sy vrou as vermis aangemeld nadat hy nie huis toe gekom het ná werk nie. Daar is deur die nag na die man gesoek en kampussekuriteit het omstreeks 04:30 op sy lyk afgekom in ʼn badkamer in die administrasiegebou.

“Daar was ʼn plastieksak om sy kop gedraai, maar dit is nog nie duidelik wat die oorsaak van dood is nie. ʼn Saak van moord word ondersoek,” het Weilbach gesê.

Anna-Retha Bouwer, woordvoerder van die universiteit, het die voorval aan Maroela Media bevestig. “Ek kan bevestig dat daar ʼn voorval van ʼn onnatuurlike sterfte op die kampus was, maar aangesien die saak deur die polisie ondersoek word, kan ons geen verdere inligting bekendmaak nie. Die oorledene se naam kan ook nie bekendgemaak word voordat al sy naasbestaandes ingelig is nie,” het sy gesê.

Weilbach het enigiemand met meer inligting versoek om die Brooklyn-polisiestasie by 012 366 1764 te skakel.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!