Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

DA kla vrou aan oor ‘ape’-uitlating

$
0
0

Penny Sparrow se Facebook-inskrywing word wyd op sosiale media gedeel. Foto: Twitter

Penny Sparrow se Facebook-inskrywing word wyd op sosiale media gedeel. Foto: Twitter

Die DA het strafregtelike aanklagte aanhangig gemaak teen Penny Sparrow, die vrou wie se “ape”-uitlating op Facebook Maandag opslae gemaak het.

Maroela Media het vroeër berig ʼn herrie het op sosiale media losgebars nadat Sparrow in ʼn inskrywing op Facebook swart mense met ape vergelyk het en gesê het sy sal alle swart mense in Suid-Afrika voortaan as “ape” aanspreek.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het op Twitter die vrou se uitsprake as beledigend beskryf en gesê sy moet strafregtelik vervolg word.

“Na aanleiding hiervan het die DA aanklagte van crimen injuria teen Sparrow aanhangig gemaak vir die oortreding van die waardigheid van alle Suid-Afrikaners en die vernedering van swart Suid-Afrikaners,” het die party gesê.

“Sulke houdings van giftige rassisme het absoluut geen plek in Suid-Afrika nie. Die DA in KwaZulu-Natal het daarom ook ʼn kennisgewing ingedien dat Sparrow se lidmaatskap opgeskort sal word en haar gedrag is verder na die Federale Regskommissie verwys om ondersoek te word. Rassiste is nie welkom in die DA nie.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!