
Argieffoto
Polisieduikers het Maandag die liggaam van ʼn 15-jarige tiener in ’n strandmeer naby Isipingo in Durban gevind.
Volgens lt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, is die seun oor die naweek as vermis aangemeld. Sy liggaam is in die Dakota-strandmeer gevind.
’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word en die polisie het ’n geregtelike doodsondersoek begin.