
Die twee bakkies wat reg van voor gebots het. Foto: ER24
In ʼn ongeluk waarin ʼn motor verskeie kere gerol het moes een van die insittendes met lewenskake uit die wrak verwyder word. Volgens Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het die ander insittende ondanks noodbehandeling aan sy beserings beswyk.
ʼn Eenjarige kind is dood in Caging, Kuruman, toe ʼn taxi die kind getref het.
In nog ʼn ongeluk is een persoon dood en 15 beseer toe twee bakkies op die N14 naby Olifantshoek reg van voor gebots het. Volgens Vermaak was die meeste van die passasiers agter op die bakkie toe die ongeluk plaasgevind het.