Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het gesê die mans is Vrydagmiddag na bewering op heterdaad betrap terwyl hulle besig was goed in ʼn plaaslike winkel te steel. Die winkeleienaar het alarm gemaak en die gemeenskap het gereageer.
“Dit is nie duidelik watter items die mans besig was om te steel nie, maar gemeenskapslede het hulle glo gegryp en erg aangerand. Hulle het daarna die mans se hande vasgebind en hulle in die dam gegooi,” het hy gesê.
Volgens Ramaloko word twee aanklagte van moord ondersoek, maar is niemand nog in hegtenis geneem nie. “Die polisie doen weer eens ʼn beroep op gemeenskappe om nie die reg in eie hande te neem nie, maar misdaadgevalle by die polisie aan te meld,” het hy gesê.
Enigiemand met meer inligting oor die voorval kan die ondersoekbeampte by 082 569 5572 skakel.




