Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

160 motoriste vas oor bedrog, korrupsie

$
0
0
Argieffoto (Foto: marionberaudias, Pixabay)

Argieffoto (Foto: marionberaudias, Pixabay)

Meer as 160 motoriste staan tereg op aanklagte wat verband hou met bedrog en korrupsie nadat hulle in hegtenis geneem is omdat hulle met vervalste rybewyse bestuur het, het die Padverkeerskorporasie (RTMC) Saterdag gesê.

“Wetstoepassers was hierdie feesgety op ʼn hoë gereedheidsgrondslag geplaas om bedrog en korrupsie te bekamp in ʼn poging om nakoming met padregulasies te verseker en noodlottige ongelukke te voorkom,” het Simon Zwane, woordvoerder van RTMC, gesê. “ʼn Taxibestuurder wat na bewering probeer het om ʼn anti-korrupsiebeampte, wat in gewone klere gewerk het, om te koop, is in Johannesburg in hegtenis geneem.”

Zwane het gesê ʼn metropolisiebeampte is verlede naweek in hegtenis geneem nadat sy ook tydens ʼn padverkeersoperasie probeer het om omkoopgeld te bekom.

Hy het gesê voorvalle van bedrog en korrupsie kan by 0861 400 800 aangemeld word.

Minstens 805 000 voertuie is sedert 1 Desember by verskillende padblokkades dwarsoor die land afgetrek. “Meer as 1 660 bestuurders is in hegtenis geneem vir dronkbestuur, 276 vir oorlading, 199 vir te veel passasiers wat vervoer is en 117 wat buitensporig vinnig gery het,” het Zwane bygevoeg.

Die persoon wat die hoogste spoed aangeteken het, was ʼn motoris wat in sy Porsche meer as 220 km/h in ʼn 120 km/h-sone op die N1 gery het.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


7 voordele van boegoe


Die beste tyd van my lewe


5 goed wat jy vir jou haarkapper moet sê vóórdat hy jou hare sny


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


8 Wenke om water te bespaar


Rita (JM) Gilfillan (1941–)


Graad 8-Afrikaans Huistaal: vraestelle en memoranda


Ek is oppad #Hermanus toe !!


Drie stappe: Kikker jou kaste op


Te koop: Bosweg 3, Eastermar