Ao. Hero Gumbu, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die 43-jarige vrou het Maandag in ʼn rusie betrokke geraak met haar 43-jarige kêrel. Die kêrel het gedreig om haar seer te maak en sy is uit vrees vir haar lewe na ʼn vriendin in Mamelodi om daar te oornag.
“Dinsdagoggend het sy en die vriendin die trein geneem werk toe en by die treinstasie in Kloofsig afgeklim. Die man het haar daar ingewag en haar gevra of hy met haar kan praat,” het Gumbu gesê. “Sy het geweier en weggestap van hom af, waarna hy haar vier keer geskiet het. Sy is op die toneel dood.”
Volgens Gumbu het die vrou se vriendin, wat die voorval sien gebeur het, alarm gemaak, maar die man het in die Groenkloof-natuurreservaat ingehardloop. Die polisie is steeds na hom op soek.
Die vrou se naam kan nog nie bekendgemaak word nie aangesien al haar naasbestaandes nog nie van haar dood in kennis gestel is nie.