
‘n Suid-Afrikaanse weergawe wat verwys na pres. Jacob Zuma se onverwagse aanstelling van David van Rooyen in die pos van minister van finansies, voor hy binne vyf dae deur Pravin Gordhan vervang is
Talle grappige prente doen die ronde op sosiale media ná die komediant Steve Harvey Sondagaand per ongeluk eers die verkeerde wenner aangewys het tydens Mej. Heelal 2015.
Maroela Media het vroeër berig Harvey het eers Mej. Colombia, Ariadna Gutierrez, aangekondig as die wenner, voor hy sy fout besef en om verskoning gevra het. Pia Alonzo Wurtzbach, Mej. Filippyne, is ʼn paar sekondes later as wenner gekroon.
Harvey het op Twitter ook om verskoning gevra aan die deelnemers en kykers.








