Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Nehawu het werkers ‘mislei’; parlement betaal bonusse

$
0
0
Nehawu-betoging by die parlement (November 2015) Foto: Twitter

Nehawu-betoging by die parlement (November 2015) Foto: Twitter

Die parlement het bonusse aan personeel binne die onderhandelingseenheid uitbetaal, maar die leierskap van die vakbond Nehawu daarvan beskuldig dat hulle hul lede in die parlement mislei het om doelbewus hulself skuldig te maak aan growwe wangedrag.

Die bonusbetaling is gedoen kragtens die ooreenkoms wat vroeër vandeesmaand met die National Education, Health and Allied Workers’ Union (Nehawu) aangegaan is ná ʼn uitgerekte onwettige staking en onderhandelings.

Die bestuur van die parlement en Nehawu het Vrydag by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) vergader wat duidelikheid verskaf het aan alle partye oor hoe bonusse betaal moet word, het die parlement in ʼn verklaring gesê. Die bestuur van die parlement het dit tydens die vergadering duidelik gestel dat die betalings gedoen word soos vervat in die ooreenkoms en kragtens beleid. Volgens die parlement moes die betalings voldoen aan prestasie, bekostigbaar wees binne die begroting en die hele proses moet suksesvol aan ʼn oudit kan voldoen.

“Die parlement verwerp ten sterkste die aantyging dat die bestuurder, wat geskors is, geviktimiseer word omdat sy aan ʼn onwettige staking deelgeneem het,” lui die verklaring. “Volgens die parlementêre rekords wat deur die bestuurder opgestel is, het sy deurlopend tydens die staking bly werk en slegs weens siekverlof ʼn paar dae gemis. Die skorsing het niks te doen met die onwettige staking nie.”

Die parlement het dit ook benadruk dat Nehawu onwettig begin staak het en dat só staking onbeskermd is. “Die Nehawu-leierskap in die parlement het hul lede mislei om doelbewus hulself skuldig te maak aan growwe wangedrag, aangesien hulle ten volle bewus was daarvan dat die staking onwettig en onbeskermd is.”

Volgens die ooreenkoms tussen die parlement en Nehawu behou die werkgewer die reg om enige personeel te dissiplineer wat aan wangedrag skuldig bevind word. Optrede deur vakbondleiers in die parlement het die lede kwesbaar gemaak, en hulle blootgestel aan ʼn onbeskermde staking en onwettige optrede om parlementêre verrigtinge te ontwrig.

“Die ooreenkoms sluit nie dissiplinêre stappe uit nie en sluit nie die normale werkgewer-werknemer-verhoudingsbestuur in nie.”

Die ooreenkoms was glo bedoel om orde en geloofwaardigheid van die verhouding tussen die vakbond en bestuur te herstel.

Die parlement bly verbind aan die oorspronklike ooreenkoms, om seker te maak dat ʼn “gesonde proses” van kommunikasie tussen bestuur en die vakbond geskep sal word, en dat die bestuur weer oor die vermoë sal beskik om hul pligte na te kom.

“Die parlement doen ʼn beroep op die vakbond om nie sy lede of die publiek verder doelbewus te mislei nie, maar om geheel en al aan die ooreenkoms te voldoen.”

Lees alle vorige berigte oor die parlement op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!