
Die toneel by Illovo op 18 Desember 2015 Foto: Netcare 911
ʼn 20-jarige vrou het Vrydagmiddag omstreeks 13:30 in die see by Illovo aan die suidkus van KwaZulu-Natal verdrink.
“Paramedici van Netcare 911 en Amanzimtoti-lewensredders het reageer op die noodroep,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die vrou het glo in die see by die riviermond geswem toe sy deur ʼn sterk seestroom meegesleur is.”
Lewensredders het, met behulp van omstanders, die vrou uit die water gehaal, maar sy was reeds dood.
“Paramedici en nooddienste versoek persone om slegs te swem waar lewensredders aan diens is,” het Botha bygevoeg. “Moet asseblief ook nie jul kinders sonder toesig in die water laat nie.”