Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Elande keer terug na Kaapstad

$
0
0
Elande word weer in die Valsbaai-natuurreservaat gevestig Foto: Stad Kaapstad

Elande word weer in die Valsbaai-natuurreservaat gevestig Foto: Stad Kaapstad

Elande word weer vir die eerste keer in 200 jaar in die Valsbaai-natuurreservaat vrygelaat, het die stad Kaapstad Vrydag gesê.

“Vyf elande is amptelik in die reservaat vrygelaat nadat hulle sewe weke lank in ʼn boma by die Rondevlei-deel van die reservaat gehuisves is,” het Johan van der Merwe, burgemeesterskomiteelid vir energie en omgewingsake gesê.

Die vyf elande, twee ramme en drie ooie, is deel van die drie jaar Gantouw-projek, ʼn vennootskap tussen die stad en Kaapstad se omgewingsopvoedingstrust (CTEET).

“Kaapstad was altyd die tuiste van die eland, maar hulle is al die afgelope 200 jaar nie op die Kaapse Vlakte nie,” het Van der Merwe bygevoeg.

Weens die elande se afwesigheid, het sommige bosse in Kaapstad vermeerder en dit het gevolglik tot ʼn vermindering van ander plant- en dierspesies gelei wat makliker in ʼn oop habitat aanpas.

“Aangesien Kaapstad van die hoogste konsentrasie van bedreigde plante op aarde het, is die hervestiging van groot herbivore [soos die eland] in die oorblywende natuurlike spasies lewensbelangrik om die spesies en ekostelsels te bewaar,” het hy bygevoeg.

Die elande sal in die dag vry rondbeweeg en in die aande sal hulle na die boma terugkeer. Personeellede sal deurgaans die impak van die hervestiging op die habitat monitor en die elande se veiligheid verseker en eetpatrone dophou.

“Indien dié projek suksesvol is, sal dit moontlik in die toekoms gebruik word as ʼn deurlopende bestuursmodel vir natuurreservate op die Kaapse Vlakte,” het Van der Merwe gesê.

Lees meer oor Kaapse natuurreservate.

Elande word weer in die Valsbaai-natuurreservaat gevestig Foto: Stad Kaapstad Elande word weer in die Valsbaai-natuurreservaat gevestig Foto: Stad Kaapstad Elande word weer in die Valsbaai-natuurreservaat gevestig Foto: Stad Kaapstad

Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!