Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Steelpoort-plaasaanval: Derde ‘rower’ vas

$
0
0

Een van die verdagtes wat doodgeskiet is. Foto: Verskaf

Een van die verdagtes wat doodgeskiet is. Foto: Verskaf

ʼn Derde verdagte wat glo betrokke was by ʼn plaasaanval Dinsdagoggend op Steelpoort in Limpopo waartydens twee verdagtes doodgeskiet is, is deur die polisie vasgetrek.

Maroela Media het vroeër berig hoe Wayne Farmer (41) omstreeks 03:30 gaan ondersoek instel het toe hy sy buurman se alarm hoor afgaan het. Daar het hy vyf verdagtes aangetref wat op hom losgebrand het toe hulle hom gewaar het. Farmer het teruggeskiet, maar was nie seker hoeveel van die verdagtes hy gewond het nie. Al vyf verdagtes het op die vlug geslaan.

Twee verdagtes se liggame is later die oggend op die buurman se erf by die grensdraad aangetref. Albei verdagtes het vuurwapens in hul hande gehad. Daar was ook ʼn vermoede dat ʼn derde verdagte in die skietery gewond is.

Volgens kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, is die derde verdagte toe wel in die skietery gewond. “Die polisie het navraag gedoen by hospitale in die omgewing om uit te vind of enige pasiënte die week ingekom het met ʼn skietwond. So het ons een van die verdagtes by ʼn hospitaal in Groblersdal opgespoor. Hy is tans steeds in die hospitaal, maar onder polisiebewaking,” het sy gesê.

“Die polisie is nog besig om sy en die twee verdagtes wat gesterf het se ware identiteite te bevestig.” Die ander twee verdagtes is steeds op vrye voet.

Otto het vroeër gesê ʼn saak van moord is geopen, maar dit is standaardprosedure in ʼn geval waar verdagtes tydens ʼn misdaadvoorval doodgeskiet word. Die senior staatsaanklaer sal nou die besonderhede van die voorval ondersoek en besluit of daar teen die skieter opgetree moet word.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!