Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

‘Vermiste’ gesin veilig gevind

$
0
0
Graham Leach en Cara-Liza Lugibihl. Foto: Verskaf

Graham Leach en Cara-Liza Lugibihl. Foto: Verskaf

ʼn Uitgebreide soektog na ʼn gesin van Johannesburg wat Woensdag op pad na hul vakansiebestemming vermis geraak het, het Donderdagaand tot ʼn einde gekom nadat hulle gevind is.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van die Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste persone op te spoor, het aan Maroela Media gesê Graham Leach (39), Cara-Liza Lugibihl (29) en hul kinders Riley-Quinn (3) en Owen Finn (18 maande) is Woensdag as vermis aangemeld nadat hulle in die pad geval het na Aliwal-Noord in die Oos-Kaap, maar nooit by hul bestemming aangekom het nie.

“Hulle is laat Donderdagaand gevind by ʼn lodge in Aliwal-Noord. Daar is geen selfoonopvangs nie en hulle kon nie laat weet dat hulle daar aangekom het nie,” het sy gesê.

Riley-Quinn Leach en Owen Finn Leach. Foto: Verskaf

Riley-Quinn Leach en Owen Finn Leach. Foto: Verskaf

“Die ouma het vreeslik bekommerd geraak en dadelik vermoed dat iets met hulle gebeur het, wat verstaanbaar is in ʼn land soos Suid-Afrika met so ʼn hoë voorkoms van misdaad. Maar hulle is gevind en is heeltemal veilig en ongedeerd.”

Rechner het gesê hulle was reeds besig met die proses om die persone se selfoon via satelliet op te spoor en sou Vrydagoggend daardie inligting ontvang het.

“Gelukkig het die familie Donderdagaand van die gesin gehoor en weet ons nou hulle is veilig.”

Sy het gesê die Pink Ladies sal Vrydag die inligting dat die gesin gevind is, op sosiale media en deur al hulle kommunikasiekanale deel. Die polisie kon nie onmiddellik Vrydag vir kommentaar bereik word nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!