
Pres. Tayyip Erdogan van Turkye. Foto: AP Photo/Kayhan Ozer, Presidential Press Service, Pool
Turkye het Maandag aangekondig dat ván sy troepe die gebied begin verlaat het.
Die ontplooiing van sowat 150 Turkse troepe in ʼn kamp naby Mosul in die noorde van Irak vroeër die maand het die verhouding tussen Ankara en Bagdad verder versuur. Die Irakse regering het beswaar aangeteken by die VN oor die ontplooiing.
Rusland het Turkye intussen veroordeel vir die “inval van sy buurland”. Rusland voer aan Turkye dra net by tot ʼn reeds gekompliseerde situasie.
Die Russiese minister van buitelandse sake, Sergej Lawrow, het aan Irak steun belowe teen die aggressie van Turkye in Noord-Irak.
Groot optogte is in Bagdad gehou en die vlag van Turkye is verbrand om die woede van die Irakiërs te toon. Turkye het opdrag gegee dat alle Turkse burgers Noord-Irak liefs moet verlaat omdat hul veiligheid nie gewaarborg kan word nie.