
Argieffoto Foto: memyselfaneye (Pixabay)
Sers. Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn verkeersbeampte het Dinsdagoggend ʼn wit Toyota-kombi van die pad afgetrek. “Die beampte het tydens ʼn inspeksie defekte opgespoor en sy moes die voertuig as onpadwaardig sertifiseer.”
Volgens Molale was die beampte besig om die lisensieskyf van die windskerm te verwyder toe die bestuurder van die voertuig skielik begin ry het. “Die verkeersbeampte is vir etlike meter deur die voertuig gesleep waarna sy neergeval het. Haar kollegas het die voertuig agternagesit en die verdagte het voortgegaan om roekeloos te bestuur tot die voertuig se band gebars het.”
Molale het gesê die bestuurder van die voertuig is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Rustenburg-landdroshof verskyn.