Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

[Foto’s] Duisende ruk op teen Zuma

$
0
0

'n Optoggganger in Johannesburg. Foto via Twitter.

‘n Optoggganger in Johannesburg. Foto via Twitter.

Duisende mense het onderskeidelik in Pretoria, Johannesburg en Kaapstad bymekaargekom in optogte teen pres. Jacob Zuma.

Die #ZumaMustFall-beweging het verlede week momentum begin kry nadat Zuma vir Nhlanhla Nene, minister van finansies, die trekpas gegee het. David van Rooyen is in sy plek aangestel. Zuma het egter kort hierna Van Rooyen vervang met Pravin Gordhan, ʼn voormalige minister van finansies.

Die optog in Kaapstad. Foto via Twitter.

Die optog in Kaapstad. Foto via Twitter.

Verskeie optogte is hierna onder die vaandel van #ZumaMustFall gereël. In Pretoria was daar sedert Woensdagoggend vroeg ʼn streng polisieteenwoordigheid by die Uniegebou. Die optog het om 09:00 by die Kunsmuseum in Arcadia begin waarna optoggangers na die Unigebou sal beweeg en na verwagting tot 15:00 met die optog sal voortgaan.

In Johannesburg het mense aan die Braamfontein-kant van die Nelson Mandela-brug begin byeenkom. Die organiseerders van die Johannesburg-optog, die organisasie Section27, het intussen gesê die optog sal bekendstaan as “Geen versoening met korrupsie”. Die Johannesburgse metropolisie sal intussen die verkeer monitor.

In Kaapstad het optoggangers sedert 08:00 voor die parlement bymekaargekom. Die optog sal na verwagting teen 10:00 se kant na die Kompanjietuin beweeg waar eerw. Mpho Tutu, aartsbiskop Desmond Tutu se dogter, na verwagting optoggangers sal toespreek.

Die optog in Pretoria. Foto via Twitter. Die streng polisieteenwoordigheid by die Uniegebou. Foto via Twitter. Die optog in Kaapstad. Foto via Twitter. Die optog in Kaapstad. Foto via Twitter. Die optog in Kaapstad. Foto via Twitter. Die optog in Kaapstad. Foto via Twitter. Die optog in Johannesburg. Foto via Twitter. Die optog in Johannesburg. Foto via Twitter.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!