Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê die provinsiale nooddienste en brandweerdienste, die polisie en die polisie se K9-soek-en-reddingseenheid is omstreeks 19:30 na Eastern Beach ontbied.
“Met hul aankoms het hulle gesien hoe ʼn lewensredder wat nie meer aan diens was nie, ʼn 35-jarige man uit die see trek wat in sleurstrome vasgevang vas,” het Lambinon gesê. “Paramedici het mond-tot-mond-asemhaling toegepas en alles in hul vermoë gedoen om die man te red, maar kon nie daarin slaag om hom weer by te bring nie. Hy is op die toneel dood verklaar.”
Volgens Lambinon het die polisie ʼn geregtelike doodsondersoek begin en die man se liggaam is deur lede van die departement van gesondheid se forensiesepatologie-dienste weggeneem.