Hulle was deel van ʼn groep van 322 Zimbabwiese gedeporteerdes wat vanaf die Lindela vervoer-en-aanhoudingsentrum naby Krugersdorp met ʼn konvooi van vier busse na die Beitbrug-grenspos gerepatrieer is. Die Zimbabwiërs is in hegtenis geneem vir die oortreding van immigrasiewette en sommige was voormalige gevangenes wat vrygelaat is nadat hulle hul vonnisse uitgedien het.
Volgens Zimbabwiërs by die grens het die onwettige immigrante ontsnap toe die bus op ʼn gedeelte van die N1 waar instandhoudingswerk gedoen word stadiger moes ry.
Batiraishe Mukonoweshuro, Zimbabwiese konsul aan Suid-Afrika, het gesê die deporteringsproses moet hersien word om sulke voorvalle te voorkom en voormalige gevangenes moet van gewone burgers sonder die nodige dokumente geskei word. Hy het ook gesê baie van die beweerde onwettige immigrante het gekla dat hulle nie geleentheid gegun is om hul besittings te kry voordat hulle gedeporteer is nie.