Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Plaasmoorde: ‘Wat mag slagoffer doen?’

$
0
0
Foto: Johni Edwards

Foto: Johni Edwards

TLU SA wil regsadvies inwin oor hoe ʼn slagoffer van ʼn plaasaanval mag optree wanneer geweldsmisdaad dreig.

TLU SA het ná ʼn “spoedvergadering” in Pretoria sy kommer uitgespreek oor die voorkoms van geweldsmisdaad op plase en landbouhoewes.

Volgens Henry Geldenhuys, adjunkpresident van TLU SA en voorsitter van die veiligheidskomitee, is daar reeds 62 mense vanjaar in plaasaanvalle vermoor. “In November is 7 mense op plase vermoor, terwyl daar 31 aanvalle was waarvan ons bewus is. Vir Desember is daar reeds 5 plaasmoorde aangemeld, terwyl daar ook reeds 18 plaasaanvalle was.”

Geldenhuys het gesê TLU SA beplan om regsadvies in te win oor die sogenaamde “redelike persoon”-toets. “TLU SA beplan om regsadvies in te win ten opsigte van wat in sulke omstandighede die optrede van die ‘redelike mens’ sou wees wanneer geweldsmisdaad dreig en tot welke mate die optrede van misdadigers grens aan ‘terrorisme’,” het Geldenhuys gesê.

Howe gebruik die “redelike persoon”-toets om nalatigheid te meet. Die hof probeer bepaal of die “redelike persoon” ʼn situasie sou kon voorsien en hoe die persoon sou optree.

Geldenhuys het ook ʼn beroep op die regering gedoen om in te gryp en plaasmoorde en -aanvalle te verdoem en te verwerp. “Dit is onaanvaarbaar dat die owerheid geen praktiese erns toon om die veiligheid van die land se voedselprodusente te verbeter nie.”

TLU SA oorweeg ʼn verskeidenheid optredes om die openbare en internasionale aandag te fokus op die lot van plaasbewoners, die buitengewoon wreedaardige aard van die misdade en, in baie gevalle, die onbevredigende reaksie van die SAPD.

Hy het boere versoek om uiters paraat te wees tydens die feesseisoen.

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!