Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Boksburg-tiener in plek van veiligheid ná weeklange soektog

$
0
0

Anchené van den Berg. Foto: Verskaf

Anchené van den Berg. Foto: Verskaf

Anchené van den Berg (17), die meisie van Boksburg wat Sondag gevind is nadat sy byna ʼn week lank vermis was, is tans in ʼn plek van veiligheid, het haar pa gesê.

Pieter, Anchené se pa, het Dinsdag aan Maroela Media gesê sy dogter word tydelik in ʼn plek van veiligheid gehou ter wille van haar eie veiligheid en om haar kans te gee om die trauma wat sy deurgemaak het te verwerk. “Ons weet waar sy is en ons sien haar elke dag. Sy bly tydelik daar ter wille van haar eie veiligheid omdat die man saam met wie sy was haar lewe bedreig het,” het hy gesê.

Maroela Media het vroeër berig Anchené is Sondag in die vroeë oggendure in Durban opgespoor. Sy is die laaste keer gesien toe haar ouers haar verlede Maandagoggend by die skool afgelaai het om haar laaste eksamenvak vir die jaar te skryf. Toe hulle ʼn paar ure later weer opdaag om haar op te laai, was sy nêrens te vinde nie. Haar ouers het ʼn brief in haar sluitkassie by die skool gekry waarin sy sê dat sy op haar eie wil wees en “haar eie ding gaan doen”.

Lt. Kwenzakwakhe Ngobese, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat die 27-jarige man saam met wie Anchené was, in hegtenis geneem is op aanklag van bedrog. “Die aanklag het betrekking op ʼn onverwante geval. ʼn Saak van ontvoering word ook ondersoek, maar in dié stadium is die verdagte nie daarvoor aangekla nie,” het hy gesê.

Volgens Pieter is Anchené onder valse voorwendsels na die man toe en het sy nie geweet wat daar vir haar sou wag nie. “Omdat die omstandighede deel vorm van ʼn polisieondersoek, kan ons nie veel besonderhede bekendmaak nie, maar Anchené het beslis nie die waarheid geweet nie. Ons prys net die Here dat sy veilig terug is by ons. Ons het gisteraand vir die eerste keer sedert hierdie nagmerrie begin het ʼn ordentlike nagrus gekry,” het hy gesê.

Pieter het namens die gesin almal  bedank wat met die soektog gehelp en Anchené se foto versprei het. “Ons is ongelooflik dankbaar vir almal se hulp en ondersteuning,” het hy gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!