Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Oscar Pistorius op borgtog vrygelaat

$
0
0

oscar-pistorius

Oscar Pistorius op 21 Oktober 2014 in die Pretoriase hooggeregshof tydens vonnisverrigtinge Foto: Themba Hadebe/AP/Pool

Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdagoggend borgtog aan die voormalige Paralimpiese atleet Oscar Pistorius toegestaan.

Adjunkregterpresident Aubrey Ledwaba het borgtog van R10 000 aan Pistorius toegestaan. Sy borgtogvoorwaardes behels dat hy sy oom se huis in Waterkloof daagliks tussen 07:00 – 12:00 mag verlaat maar slegs in ʼn radius van 20 km. Indien hy die huis op ʼn ander tyd wil verlaat, moet hy toestemming van die ondersoekbeampte bekom. Pistorius moet ook sy paspoort inhandig en sal elektronies gemonitor word.

Die saak is uitgestel tot 18 April. Die staat het nie Pistorius se borgtogaansoek teengestaan nie maar wel daarop aangedring dat dit onderhewig moet wees aan sekere voorwaardes. Adv. Gerrie Nel, die staatsaanklaer, het versoek dat Pistorius tydens sy borgtog onder huisarres moet bly, aangesien hy nou ʼn “veroordeelde moordenaar” is. Ledwaba het egter gelas dat dit nie in belang van geregtigheid is om Pistorius onder huisarres te hou nie.

Adv. Barry Roux, namens Pistorius, het voor Ledwaba sy beslissing gemaak het, aangevoer dat Pistorius bereid is om talle van die voorwaardes op te gee wat gegeld het terwyl hy onder korrektiewe toesig was, om te verseker dat hy op borgtog vrygelaat word. Pistorius se regspan het ook aangedui dat hulle wil appelleer teen die appèlhof se beslissing dat Pistorius skuldig is aan moord.

Die appèlhof in Bloemfontein het Donderdagoggend gesê die voormalige Paralimpiese atleet het sy vriendin Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 vermoor.

Regter Eric Leach het die eenparige uitspraak voorgelees. Hy het gelas dat Pistorius aan moord skuldig bevind moes word en nie aan strafbare manslag nie. Die saak is terugverwys na die hooggeregshof vir nuwe vonnisoplegging.

Die staat het op 3 November in die appèlhof aangevoer dat Pistorius op die ernstiger aanklag van moord skuldig bevind moet word nadat hy Steenkamp doodgeskiet het.

Regter Thokozile Masipa het Pistorius op 12 September 2014 skuldig bevind aan strafbare manslag, maar nie aan moord nie. Pistorius het aangevoer hy het vier skote deur die geslote deur van sy toilet in sy huis in Pretoria gevuur, omdat hy onder die indruk was dat ʼn inbreker daar wegkruip.

Hy het op 21 Oktober 2014 sy vonnis begin uitdien nadat hy tot vyf jaar tronkstraf gevonnis is ingevolge art. 276 (1)(i) van die Strafproseswet. Hiervolgens moes hy ʼn sesde (tien maande) van sy vonnis uitdien voordat die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste dit kon oorweeg om sy vonnis in korrektiewe toesig om te skakel. Hy het op 21 Augustus tien maande tronkstraf uitgedien.

Pistorius is in Oktober 2015 uit die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria vrygelaat en het hierna sy vonnis onder korrektiewe toesig in sy oom se luukse herehuis in Waterkloof begin uitgedien.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!