
Oscar Pistorius op 21 Oktober 2014 in die Pretoriase hooggeregshof tydens vonnisverrigtinge Foto: Themba Hadebe/AP/Pool
Pistorius, wat verlede week aan moord skuldig bevind is vir die skietdood van sy meisie, Reeva Steenkamp, sal na verwagting aansoek doen om op borgtog vrygelaat te word totdat vonnisverrigtinge vir die nuwe skuldigbevinding begin.
Die hof sal na verwagting borgtog aan Pistorius toestaan onder streng voorwaardes. Pistorius is sedert Oktober onder korrektiewe toesig.
Volgens onbevestigde berigte sal Pistorius die hof Dinsdag inlig dat hy die beslissing van die appèlhof in die konstitusionele hof wil teenstaan.