Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Vrou byt glo stuk van ‘verkragter’ se tong af

$
0
0

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 66-jarige vrou van die Oos-Kaap het glo ʼn gedeelte van haar vermeende verkragter se tong afgebyt.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou het glo Vrydagaand in haar huis in Centane, naby King Williams Town, geslaap, toe iemand aan die deur geklop het. Voordat die vrou kon reageer, het die verdagte glo die deur oopgebreek.

“Die 24-jarige verdagte is na die vrou se bed en het haar glo gesoen. Die vrou het glo teruggeveg en ʼn stuk van die man se tong afgebyt. Die man het glo voortgegaan om die vrou te verkrag voordat hy gevlug het.”

Volgens Manatha het die vrou die stuk haar vermeende verkragter se tong gehou en dit aan die polisie oorhandig. Die verdagte is intussen Saterdag in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Maandag in die Centane-landdroshof verskyn.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!