Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

DA sal hof toe indien Motsoeneng-ondersoek nie voortgaan

$
0
0

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Die DA het Sondag gesê die party sal regstappe doen indien die dissiplinêre ondersoek na Hlaudi Motsoeneng, die SAUK se omstrede bedryfshoof, nie voortgaan nie.

Dit volg nadat William Mokhari, die voorsitter van die dissiplinêre komitee, Donderdag die dissiplinêre proses teen Motsoeneng gestaak het hangende ʼn appèlproses teen ʼn vorige beslissing deur die Wes-Kaapse hooggeregshof waartydens Motsoeneng se aanstelling ter syde gestel is.

James Selfe, die Demokratiese Alliansie (DA) se federale uitvoerende voorsitter, het gesê die party glo die redes wat aangevoer is vir die staking van die dissiplinêre proses teen Motsoeneng is onwaar en wetlik ongegrond. “Berigte wat nou aandui dat Motsoeneng kan terugkeer werk toe nadat die dissiplinêre proses gestaak is, is bloot verregaande. Dissiplinêre verhore is nie opsioneel of voorwaardelik nie, maar noodsaaklik soos deur die appèlhof beveel,” het Selfe gesê.

Die appèlhof het in Oktober beslis dat Motsoeneng vir 60 dae geskors word terwyl ʼn tugverhoor vir sy beweerde oortredings gehou word. Hy is verlede jaar permanent aangestel as die uitvoerende bedryfsbeampte van die SAUK, ondanks bevindings deur die Openbare Beskermer dat sy aanstelling onregmatig was en hy buitensporige salarisverhogings ontvang en oor sy kwalifikasies gelieg het.

Selfe het gesê Motsoeneng en die SAUK se vroeëre uitsprake dat hulle die dissiplinêre proses verwelkom, is bloot deel van ’n “gedwonge poging om hulself te distansieer van duidelike pogings om die dissiplinêre proses te bemoeilik”.

“Die mees onlangse optrede deur die dissiplinêre voorsitter getuig van ʼn duidelike oëverblindery om die proses nog verder te vertraag. Die feit bly dat die wetlike posisie teen mnr. Motsoeneng duidelik en eenvoudig is. Die SAUK moet onmiddellik die dissiplinêre proses herinstel, anders sal die DA geen keuse hê as om die uitsaaier te dwing om aan die appèlhof se opdrag te voldoen nie,” het Selfe gesê.

“Beskerming van Hlaudi Motsoeneng deur die buiging van reëls is nie in ooreenstemming met die grondwetlike grondslag waarop die uitsaaier gestig is nie. Die oppergesag van die gereg moet seëvier.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!