Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Vermiste Boksburg-tiener opgespoor

$
0
0

Anchené van den Berg. Foto: Verskaf

Anchené van den Berg. Foto: Verskaf

Die tienermeisie van Boksburg wat Maandag vermis geraak het nadat haar ouers haar by die skool afgelaai het, is Sondag in die vroeë oggendure in KwaZulu-Natal gevind.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, het aan Maroela Media bevestig dat Anchené van den Berg (17) opgespoor is. “Geen verdere besonderhede kan in hierdie stadium bekendgemaak word nie, aangesien die saak verder deur die polisie ondersoek word,” het sy gesê.

Lt. Kwenzakwakhe Ngobese, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die meisie is in Durban opgespoor. “Al wat ons nou kan sê, is dat die polisie met haar op pad is Johannesburg toe en dat sy vanmiddag terug by die huis sal wees. Die polisie ondersoek die saak en meer besonderhede sal later bekendgemaak word.”

Anchené, ʼn gr. 11-leerder aan Hoërskool Oosterlig, het vermis geraak nadat haar ouers haar Maandagoggend by die skool afgelaai het om haar laaste eksamenvak vir die jaar te skryf. Pieter, Anchené se pa, het vroeër aan Maroela Media vertel dat hy om 10:30 weer by die skool was om sy dogter op te laai, maar dat sy nie soos verwag uit die eksamenlokaal gestap gekom het nie.

Beeldmateriaal wat vanaf die skool se veiligheidskameras bekom is, het getoon hoe Anchené tien minute nadat sy afgelaai is weer by die skoolhekke uitstap. Pieter het gesê hulle het ook ʼn brief in haar sluitkassie by die skool gekry waarin sy sê dat sy op haar eie wil wees en “haar eie ding gaan doen”.

Pieter kon nie Sondag vir kommentaar bereik word nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!