Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Skole gewaarsku oor weerhouding van rapporte

$
0
0

skool

Argieffoto

Geen skool is daarop geregtig om leerders se rapporte te weerhou indien hul uitstaande skoolgeld nie betaal is nie, het Debbie Schafer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys, Sondag gesê.

Schafer het gesê skole oor die hele provinsie sal vandeesweek rapporte aan hul leerders uitdeel aangesien die akademiese jaar Woensdag tot ʼn einde kom. Verlede jaar het Schafer se kantoor talle klagtes van ouers ontvang nadat skole geweier het om rapporte te oorhandig aan leerders wie se skoolgeld agterstallig was. “Hierdie praktyk is heeltemal onaanvaarbaar en sal nie geduld word nie,” het sy gesê.

Sy het egter bygevoeg in sommige gevalle het die skole wel die ouers versoek om self hul kinders se rapporte te kom afhaal. Personeel het dan van die geleentheid gebruik gemaak om die uitstaande skoolgeld met die ouers te bespreek. In hierdie spesifieke gevalle het die skole ontken dat hulle die rapporte weerhou het.

“Niks kan die skool verhoed om die ouers te versoek om die rapporte te kom afhaal nie. Indien rapporte om enige rede weerhou word, sal die departement dit egter ondersoek en verdere stappe doen, indien nodig,” het Schafer gesê.

“Ek het begrip en simpatiseer met skole wat sukkel om skoolgeld by ouers in te vorder, veral wanneer sommige ouers dit duidelik nie kan bekostig nie, maar diskriminasie teen ʼn leerder weens die finansiële besluite of posisie van ʼn ouer sal nie toegelaat word nie.”

Sy het ouers herinner dat skole regstappe teen mense kan doen wat nie hul kinders se skoolgeld betaal nie en nie vir kwytskelding of gedeeltelike kwytskelding van skoolgeld in aanmerking kom nie. “Ouers kan vir kwytskelding van skoolgeld in aanmerking kom indien die skoolgeld meer as 10% van hul gesamentlike inkomste is,” het Schafer gesê. “Daar is dus wel bepaalde kanale en prosesse om ouers wat werklik nie skoolgeld kan bekostig nie, by te staan.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!