Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Motoris jaag in vulstasie vas

$
0
0
Foto: ANA

Foto: ANA

ʼn Motoris het vroeg Sondagoggend by ʼn vulstasie in Durban ingejaag nadat hy vermoedelik beheer oor sy motor verloor het.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical ambulansdienste, het gesê die voorval het in North Coast-weg gebeur. Die man en ʼn passasier is beseer toe die motor teen een van die verkeerseilande in die vulstasie gebots het.

“Dit is nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie, maar omstanders het getuig hoe die motor skielik by die vulstasie ingejaag gekom het en teen die eiland tot stilstand gekom het,” het Van Reenen gesê. “Die bestuurder én sy passasier is beseer en albei is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is.”

Volgens Van Reenen was die plaaslike owerhede op die toneel om die ongeluk te ondersoek.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!