Een persoon is dood en drie ander beseer toe ʼn bakkie en minibustaxi Saterdag op die R36 naby Letaba in Limpopo gebots het.
Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê dit is nie duidelik hoe die ongeluk plaasgevind het nie. “Toe paramedici by die ongelukstoneel naby die Kudjwana-afrit opdaag, het hulle die wrak van die taxi gevind waar dit op sy kant gelê het. Die taxibestuurder het reeds aan sy veelvuldige beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar.”
Volgens Rossouw is ʼn tweede persoon kritiek beseer en deur ER24 na die Letaba-hospitaal gehaas. Twee ander beseerdes is deur ander ambulansdienste na die hospitaal vervoer.
“Die polisie was op die toneel om die ongeluk te ondersoek,” het hy gesê.