
Argieffoto
Die stad Kaapstad het Donderdag óók ʼn toekenning in Parys, Frankryk, by die COP21-beraad ontvang.
Kaapstad is die wenner in die kategorie Adaption Implementation van die C40-stede. Volgens Patricia de Lille, die burgemeester, is dié stad ʼn leier in doeltreffende waterbestuur. “Die toekenning is erkenning vir Kaapstad se poging om ʼn wêreldformaat-stad te wees,” het De Lille gesê.
Volgens haar het die stad danksy doeltreffende bestuursbeginsels daarin geslaag om die vraag na water met 30% te verminder. “Dít ten spyte van die geweldige ontwikkelings en die bevolkingstoename van 30% in Kaapstad sedert 2001.”
Kaapstad was saam met 33 ander stede van oor die hele wêreld op die kortlys van finaliste by die C40-toekennings.
Maroela Media het vroeër berig Johannesburg was onder die top-10 stede wat by die derde jaarlikse toekenningseremonie ʼn C40 Cities-toekenning ontvang het vir stede wat klimaatsverandering doeltreffend bestuur. Lees meer hier.