Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Groot verrassing vir Pta-seun ná mesaanval

$
0
0
Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die laerskoolseun van Pretoria-Noord wat Maandag deur rowers met ʼn mes gesteek en van sy fiets beroof is, het weer ʼn groot glimlag op sy gesig nadat ʼn plaaslike motorfietsgroep ʼn splinternuwe fiets aan hom geskenk het én hom boonop ere-lidmaatskap gegee het.

Maroela Media het vroeër berig Frans van Zyl (13) is in die hospitaal opgeneem nadat twee rowers hom helder oordag naby sy huis oorval en met ʼn mes in die rug gesteek het. Hulle het met sy fiets gevlug. Frans het huis toe gehardloop en sy ma, Cecilia, het met hom hospitaal toe gejaag.

“’n Motorfietsgroep, die Chosen Soldiers, het van Frans se ondervinding gehoor en besluit hulle wil ʼn nuwe fiets aan hom skenk,” het Cecilia gesê. “Hulle het toe met my gereël dat ons vir hom ‘n samekoms by ʼn vriendin se huis reël as ʼn verrassing. Ek het hom Donderdagaand gevra om saam met my te ry na die vriendin se huis toe en daar het 16 motorfietsryers op hul motorfietse hom ingewag.”

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Sy het gesê Frans was heeltemal oorweldig deur die oomblik en was in die wolke oor sy nuwe fiets. “Hulle het ook die motorfietsgroep se nommer op sy fiets geplak en gesê hy is nou amptelik ʼn lid van die groep, al werk sy fiets nie met brandstof nie,” het Cecilia laggend vertel. Frans het foto’s saam met die motorfietsryers geneem en al die motorfietse bewonder en oor hulle uitgevra.

Die eerste ding wat hy Vrydagoggend wou doen, was om saam met sy pa om die blok te gaan ry met sy fietsy. “Dit was net so ʼn wonderlike manier om die nare ondervinding in iets positief om te skakel. Dit was ʼn ongelooflike gebaar van hierdie groep motorfietsryers en wys net dat die persepsie dat motorfietsryers gewelddadig of ongeskik is, glad nie akkuraat is nie! Hulle was wonderlik.”

Intussen herstel Frans goed van sy meswond en het hy hierdie week begin om berading te ontvang, het Cecilia gesê. Hy sal volgende week terugkeer skool toe.

Foto: Facebook Foto: Facebook

Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!