Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Premier vergader met ouers van omstrede Jhb-skool

$
0
0

Roodepoort Primary School. Foto: Google/maps

Roodepoort Primary School. Foto: Google/maps

David Makhura, premier van Gauteng, sal Vrydagmiddag saam met ander rolspelers by die omstrede Roodepoort Primary School in Johannesburg vergader om te besluit op die pad vorentoe vir die skool.

Makhura het gesê dit is noodsaaklik vir hom om nou in te gryp sodat ʼn volhoubare oplossing gevind kan word vir die onluste wat al maande by die skool woed en onderrig by die skool ontwrig.

Roodepoort Primary School was oor die afgelope maande gereeld in die nuus weens voorvalle van geweld oor beweerde rassisme by die skool. In Junie het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, die skool tydelik gesluit omdat voorvalle van geweld onbeheerbaar geraak het.

Intussen is die skool weer heropen en ʼn veiligheidsmaatskappy met gewapende wagte aangestel om die skoolgronde te bewaak en gange te patrolleer. Verlede week is twee ouers in hegtenis geneem nadat hulle glo in ʼn rusie met een van die wagte betrokke geraak het en die vrou ʼn vuurwapen uitgepluk en op die wag gerig het. ʼn Petrolbom is ook verlede week na die adjunk-hoof se motor gegooi.

Volgens Nino Zama, Makhura se woordvoerder, is die hoofrede vir die samekoms Vrydag dat die premier met die ouers van die skool se leerders kan vergader en hul griewe aanhoor. “Daar is in dié stadium geen sprake daarvan om die skool te sluit nie. Die premier wil ʼn dialoog met die ouers voer sodat daar saam op werkbare oplossings vir die toekoms besluit kan word,” het Zama gesê.

Lesufi en ander senior regeringsbeamptes sal ook by die vergadering wees.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!