
Argieffoto: Nico Strydom
Twee outomatiese tellermasjiene (OTM’e), oftewel kitsbanke, is Saterdag in die vroeë oggendure in Rustenburg opgeblaas.
Na wat verneem word, het sewe werknemers van die winkel waar die kitsbanke geleë is, gesien hoe drie verdagtes die voorste glasdeur breek. Kort daarna is vasgestel dat die twee kitsbanke opgeblaas is. Die verdagtes het met ʼn onbekende bedrag geld gevlug.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Sers Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie, het gesê n saak van kwaadwillige saakbeskadiging word ondersoek.