Clik here to view.

Gabriela Alban. Foto: Facebook
Die man van Guatemala wat van die Amerikaanse bemarker, Gabriela Alban (39) se moord in ʼn hotelkamer in Kampsbaai, beskuldig word, het Dinsdag vlugtig in die Kaapstadse landdroshof verskyn.
Diego Carlos Estuardo Dougherty Novella (43) het voor landdros Joe Magele verskyn. Hy moet Vrydag weer in die hof verskyn sodat sy aansoek om borgtog geskeduleer kan word.
Novella word tans beskuldig van moord met voorbedagte rade, maar staatsaanklaer Carmen Daniels het aan die hof gesê die ondersoek duur voort, en bykomende klagtes kan bygevoeg word, afhangende van die outopsie-verslag.
Alban is op 29 Julie glo verwurg in ʼn luukse hotel in Kampsbaai, Kaapstad.
William Booth, vir Novella, het gesê hy het nog nie die geleentheid gehad om die saak ten volle met sy kliënt te bespreek nie, aangesien konsultasies nie na-ure of oor naweke by Pollsmoor-gevangenis toegelaat word nie. Hy hoop om op 7 Augustus meer inligting te hê en dit kan dalk moontlik wees om dan die borgtogaansoek te skeduleer. “Ek het behoorlike opdragte van my kliënt nodig oor dit wat die aand gebeur het.”
Lees alle vorige berite oor Gabriela Alban op Maroela Media.