Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Seun beseer toe hy uit venster val

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

ʼn Negejarige seun is Saterdagmiddag met ʼn helikopter na ʼn hospitaal gehaas nadat hy uit ʼn venster op die derde verdieping van ʼn gebou in Killarney, Johannesburg, geval het.

“Die kind het uit ʼn oop venster op die derde verdieping geval,” het Chritra Bodasing, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Paramedici het die kind ondersoek. Hy het kritieke beserings opgedoen.”

Hy is op die toneel behandel en met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621