
Lymen besig om ‘n slaggat te vul. Foto: Verskaf
Maroela Media het vroeër berig Vanessa Courtenay, ʼn inwoner in die gebied, het verby Malambo gery waar hy hurkend in die pad besig was om ʼn slaggat met sement te vul en besluit om stil te hou. Malambo het vertel hy vul self slaggate en koop sakkies sement met die geld wat verbygaande motoriste vir hom gee. Courtenay het ʼn foto van hom geneem en dit op Facebook geplaas.
Volgens Courtenay het Malambo met opleiding begin en reeds sy eerste groot slaggat herstel. Sy het gesê hy sal volgende week verdere opleiding ontvang, waarna hy gesertifiseer sal word om slaggate te vul. Die maatskappy wat die opleiding doen het, het ook 12 25kg-sakke asfalt en ʼn 20 liter drom seëlaar aan hom geskenk. Volgens Courtenay het nog ‘n plaaslike maatskappy ook aangedui dat hulle moontlik bykomende toerusting sal verskaf.
“Lymen het in die harte van Suid-Afrikaners gekruip omdat hy gewillig was om sy eie werk te skep. Ek glo in my hart dat Lymen nog baie suksesvol gaan wees. Hy het ‘n can do-houding en niks is vir hom te veel nie.”
Courtenay het gesê Malambo het nog nie amptelik ʼn blyplek gekry nie, maar dit is ook in die vooruitsig.

