Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

‘Reeksverkragter’ beweer polisie het saamgesweer

$
0
0

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vermeende reeksverkragter, wat op 152 aanklagte teregstaan, beweer die polisie het saamgesweer teen hom aangesien hy ʼn “leek” is.

Peter Dashboy Khoza beweer die polisiebeampte wat DNS-monsters van hom geneem het en die beampte wat hom in hegtenis geneem het, het teen hom saamgesweer. Dít was sy verduideliking aan staatsaanklaer, Nerissa Muller, toe sy hom gevra het om te verduidelik waarom sy DNS op amper al sy beweerde slagoffers gevind is.

Khoza (46) het in die Johannesburgse hooggeregshof, wat in Palm Ridge sit, skuld ontken op al die aanklagte teen hom. Hy staan onder meer tereg op 46 aanklagte van ontvoering, 29 van verkragting, 28 van aanranding met die doel om ernstig te beseer en 19 aanklagte van die dwing of veroorsaak dat ʼn kind getuie is van seksuele aanranding.

Hy het glo die misdrywe tussen 2007 en 2013 in Tembisa en Olifantsfontein gepleeg. Hy het glo meisies so jonk as nege geteiken. “Ek stem nie saam met die DNS-uitslae nie, aangesien ʼn polisiebeampte my bloed getrek het en die persoon wat my in hegtenis geneem het ook ʼn polisieman is en ek net ʼn leek is. Hulle het saamgespan teen my.”

Khoza het aan die hof gesê hy het nie enige van die beweerde slagoffers geken nie, behalwe die een se broer. Muller het Khoza gevra om kommentaar te lewer oor die feit dat al die beweerde slagoffers ʼn beskrywing van hom gegee het en hom tydens ʼn identiteitsparade geïdentifiseer het.

“Ek het al die slagoffers se getuienisse gehoor. Die beskrywing wat hulle gegee het is nie dieselfde as myne nie. Hulle het gesê die persoon wat hulle verkrag het was donker en het sy kop geruk terwyl hy soos ʼn pou geloop het. Dit is nie ek nie,” het Khoza geantwoord.

Hy het ook aan die hof gesê hy was verras en geskok toe hy hoor hy word van verkragting beskuldig. Die saak is tot Januarie uitgestel vir slotbetoë.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!