Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

SA’ner in Mali ontvoer: Vier jaar later is daar hoop

$
0
0
Stephen McGown en sy vrou Foto: Skermskoot uit die ENCA-video

Stephen McGown en sy vrou Foto: Skermskoot uit ‘n eNCA-video

Die Gift of the Givers het Dinsdag gesê hy het uiteindelik kontak gemaak met die persone wat Stephen McGown van Johannesburg vier jaar gelede in Timbuktu, Mali, ontvoer het.

McGown, wat burgerskap in Suid-Afrika en Engeland het, was op ʼn “droom”-motorfietsreis toe hy saam met verskeie ander persone deur gewapende mans uit hul hotel ontvoer is. Hy en ʼn man van Swede, Johan Gustafson, word saam aangehou.

Imtiaz Sooliman van die noodverligtingorganisasie het gesê hulle het uiteindelik, ná maande lange gesukkel, kontak gemaak met die twee se ontvoerders.

Maroela Media het vroeër berig Gift of the Givers was nie seker wie die groep ontvoer het of waar hulle aangehou word nie.

Die organisasie het egter nou ʼn boodskap ontvang “dat albei gyselaars gesond en in ʼn goeie toestand is en vir ons wag”.

ʼn Video is in Junie op YouTube gelaai wat daarop gedui het dat die twee gesond is. Hulle het tradisionele klere aangehad en hulle baarde was lank. McGown het die Suid-Afrikaanse regering en sy familie versoek om te help om sy vrylating te verseker.

Gift of the Givers het sedertdien, op versoek van beide gesinne, gepoog om kontak te maak met die ontvoerders. “Dit was ʼn toets vir ons geduld,” het Sooliman gesê. “Ons het Vrydag, 20 November, omstreeks 10:00 uiteindelik ʼn een minuut lange oproep ontvang om te sê dat ons daardie aand ‘goeie nuus’ kan verwag. Om 04:00 (Suid-Afrikaanse tyd) het ons ʼn boodskap ontvang dat die gyselaars ʼn video ‘spesiaal vir ons’ gestuur het, en dat dit aan niemand anders gegee is nie en dat dit direk in ons hande geplaas sal word.”

Sooliman het verduidelik dat die boodskap beteken die gyselaars het Gift of the Givers aanvaar as die persone met wie hulle sal onderhandel, en dat hulle gereed is om ʼn ‘dialoog’ te begin.

Die organisasie is vol verwagting dat hulle die video Vrydag, 27 November, sal ontvang.

Gift of the Givers het vroeër die Suid-Afrikaner, Yolande Korkie, se vrylating verseker nadat sy op 10 Januarie 2014 deur Al-Kaïda ontvoer is. Haar man, Pierre Korkie, is tydens ʼn onsuksesvolle reddingspoging deur die Amerikaanse weermag oorlede.

Lees alle vorige berigte oor Stephen McGown op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!