Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

SA-kenners onwillig om vir Noakes te getuig oor Banting-benadering

$
0
0
Prof. Tim Noakes. Foto: Twitter

Prof. Tim Noakes. Foto: Twitter

Suid-Afrikaanse kenners is glo onwillig om te getuig ter ondersteuning van prof. Tim Noakes wat Maandag voor die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGSA) verskyn het nadat hy aangekla is dat hy onprofessioneel sou opgetree het.

Noakes, die voorstander van die veelbesproke Banting-dieet, word deur die Suid-Afrikaanse Dieetkunde-vereniging (Adsa) daarvan beskuldig dat hy “ongewone raad” op sosiale media gedeel het nadat hy ʼn ma aangeraai het om haar baba met ’n laekoolhidraat-, hoëvet-dieet te speen.

Adv. Michael van der Nest, vir Noakes, het Maandag voorleggings gemaak vir kenners van Nieu-Seeland en Kanada om in Noakes se guns te getuig deur regstreekse beeldsending. Noakes se regsadviseur het gesê hy kan dit nie bekostig om dié kundiges na Suid-Afrika te laat vlieg nie.

Adv. Meshack Mapholisa, vir die raad, het egter die versoek teengestaan en gesê so iets is nooit van tevore gedoen nie. Hy het toegegee dat daar geen geskrewe regulasies is om sulke getuies te verbied nie, maar het gesê dat ʼn verskeidenheid onderbrekings kan voorkom, waaronder beurtkrag of tegniese probleme.

Mapholisa was ook bekommerd dat ʼn kenner aan die ander kant van die kamera deur iemand bygestaan word terwyl die kenner getuienis lewer. Die komitee het die verhoor verdaag om ʼn besluit oor die aansoek te maak.

Adam Pike, Noakes se prokureur, het tydens ʼn perskonferensie gesê dit is nie maklik om plaaslike kenners te vind nie.

“Toe ons begin voelers uitsteek en na kenners gesoek het, het kenners nie geweier nie, maar was meer ongewillig om vorendag te kom uit kommer om hulself oop te stel vir ʼn soortgelyke aanklag van die verskaffing van ongewone raad,” het Pike gesê.

“Hierdie is egter die ideale toetsgrond om die wetenskap te bespreek, om oor die kwessies te praat en daaroor in debat te tree.”

Caryn Zinn, ʼn dieetkundige wat aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer het en nou in Nieu-Seeland woon, is een van Noakes se ondersteuners en skryf al ʼn paar jaar lank dié laekoolhidraat-, hoëvet-dieet voor.

Noakes het gesê sy het “hordes” pasiënte behandel, maar sy beweer daar was verskeie pogings van instellings in Nieu-Seeland en Australië om haar “stil te maak”.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!