Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Pieter Koen beroof in Rustenburg

$
0
0

Pieter-Koen-featuredPieter Koen, die Afrikaanse sanger en aanbieder van kykNET se gewilde musiekprogram Jukebox, is Vrydagoggend beroof by ʼn hotel in Rustenburg.

Koen het aan Maroela Media gesê sy sleepwa met al sy klank- en beligtingtoerusting in is in die vroeë oggendure van sy motor ontkoppel en gesteel. Hy het sy motor die vorige aand buite die restaurant waar hy opgetree het geparkeer, waar ʼn motor ook sy sleepwa gestamp het.

Die hotel se kringtelevisiekameras het nie die voorval op video vasgelê nie en volgens die veiligheidspersoneel by die hotel het hulle tydens ʼn patrollie geen verdagtes op die perseel waargeneem nie.

Koen het inligting oor die voorval op Facebook gedeel saam met foto’s van die toerusting wat gesteel is. Dit sluit onder meer in mikrofone, ligte en ʼn klankmengbord. Volgens Koen is die toerusting wat gesteel is minstens R40 000 werd.

Verskeie mense het kommentaar gelewer en onderneem om op die uitkyk te wees vir die gesteelde klanktoerusting. “Die Facebook-plasing was vir my terapeuties, ek het gevoel dit was nodig om te deel wat op my hart was,” het hy gesê.

Volgens hom is hy al deur verskeie tweedehandse winkels gekontak om besonderhede te neem van die toerusting indien die verdagtes dit aan hulle probeer verkoop.

“Ek troos my daaraan dat dinge ook altyd terugkom na jou toe soos jy dit uitdeel. Vriende, wees altyd bedag waar julle ook al mag wees en moet asseblief nie deel word van die statistieke soos ek en soveel ander voor my nie,” het hy op Facebook geskryf.

Koen sê dat hy nie vingers kan wys nie, maar meer bewus gaan wees van sy omgewing en die nodige voorsorgmaatreëls wat getref moet word wanneer hy toer. “Die voorval het my geleer om meer versigtig te wees met wie ek praat en om veral meer bedag te wees wanneer ek op die pad is met toerusting.”

ʼn Rustenburgse speurder ondersoek tans die diefstal.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!