Twee mense is dood nadat twee vragmotors Donderdagoggend 20 km buite Bloemfontein gebots en aan die brand geslaan het.
Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op die N8 tussen Bloemfontein en Kimberley plaasgevind.
“Toe paramedici by die toneel opdaag, was albei vragmotors in ligte laaie. Die brandweer het die brand onder beheer gebring, waarna twee mense se liggame met erge brandwonde gevind is. Hulle is op die toneel dood verklaar,” het Bodasing gesê.
Die toneel word nog deursoek om te bepaal of nog mense moontlik in die ongeluk dood is.

Foto: ER24